ONS STORIE


Liefde met die eerste oogopslag deur `n glasvenster van die ICU in Netcare Kuilsrivier tydens `n besoek aan `n werkskolega wat opgeneem was die 16 Mei 2018, en die gesamentlike ondervinding van `n aardbewing meer as 2 jaar later op die 27 September 2020 by n braai van vriende was die begin van ons storie. 


Al het Brendan vir Jani na daardie eerste ontmoeting gesê dat hy nog eendag met haar gaan trou het sy dit as uiters onvanpas en voor-op-die-wa gesien…minwetende wat sou volg.


Na `n paar “huisbesoeke” (in Trixi, die wit golfie, en Jani in haar unieke sweetpak uitrusting en bolla op die kop…kriteria wat nie noodwendig Brendan se ideale vrou sou beskryf nie) en n paar kuiertjies by The Copper Club in `n poging om mekaar beter te leer ken het die vriendskap in die daaropvolgende tyd verdiep maar egter nooit tot `n ernstige punt gekom nie.  


Na `n effens gebeurtenisvolle Desember (2020) vakansie saam, was die twee steeds nie oortuig van dit wat almal reeds gesien het nie, maar twee maande later by die einste Copper Club op die 18de Maart 2021 het hulle uiteindelik tot die beseffing gekom dat hulle saam hoort…en soos hulle sê “the rest is history”.


In Julie 2021 is Brendan saam plaas toe om Jani se ouers te gaan ontmoet. Gedurende daardie naweek, op `n historiese 2de Wereld Oorlog fort op `n klipkoppie in die Karoo tydens sonopkoms, vra Brendan vir Jani om te “kys”. Daarna het hy egter nie gras onder sy voete laat groei nie. 


Die naweek van die 9de Oktober, was daar skeinbaar `n “Sanitech jaareindfunksie” beplan. Ter voorbereidng om Jani om die bos te lui het Brendan al drie weke vantevore die “itinerary” van die naweek se gebeure begin voorlê. Jani het al nader aan die tyd besef dat sy wel op die spesifieke naweek Studie verpligtinge het en was nie seker of sy dit sou kon bywoon nie. Sy kon uiteindelik n dag voor die tyd haarself sover gekry om haar on-call naweek te AWOL en saam te gaan… 


Na vele ontberinge, naelbyt oomblikke en tydsverbonde aktiwiteite het Brendan vir Jani daardie aand op die mooiste Kagga Kamma, onder die Karoo maanlig, tussen die kortbeen Boesman-grassies en die rotsagtige gebergtes gevra om met hom te trou.